Welkom by my Vrygespreek Blog Bladsy.
Hier gesels ek oor my avonture,
my reise en doodloopstrate,
my lewe saam met Yeshua..
Derik Cloete – April 2017
Ons is nie meer Slawe nie – Ons is Vrygespreek
Welkom by my Vrygespreek Blog Bladsy.
Hier gesels ek oor my avonture,
my reise en doodloopstrate,
my lewe saam met Yeshua..
Derik Cloete – April 2017
9 Mei 2012 het 40 765 daglig sekondes gehad. Elkeen van hulle was gewoon, ordiner, die een na die ander… Tot sekonde 33 060 – Links van my, n paar tree van die pad af – n jong olifant. Onmoontlik om nie raak te sien nie. Pragtig, majestueus, volmaakte wonder van Vader. En ek wonder hoeveel ander wonderwerk-sekondes ek vandag gemis het..
Elke dag is n nuwe dag. Soos water oor klippies spoel tyd oor ons lewens en wat verby gegaan het is verby. Terugkyk help nie, neem jou verlede na Yeshua toe en Hy sal die troebel water suiwer sodat jy duidelik kan sien.
Forty days of Counting the Omer Psalms 40, 90 and 140. This 40th Day of Counting the Omer is a deeply significant day. It is the day Yeshua ascended into Heaven. While we can all take some time to go and read the above Psalms, there is something significant about the number 40 that I …
Ons het nie altyd die gerief van n gebaande pad nie, soms is dit nodig om baanbrekerswerk te doen en dan het jy n goeie navigator nodig – Yeshua is die beste wat jy kan kry.