Gebed vir Oogkwale soos Hipersensitiwiteit vir Lig en Verswakte Visie

In die Naam van Yeshua breek ek die vloek van onreg wat deur generasies aan elkeen in ons gesin oorgedra is en wat genetiese onreinheid veroorsaak in ons lewens. Dit tas ons oë aan met siektes.

Ek bevry myself en elkeen in ons gesin nou van geestelike blindheid veroorsaak deur my en my voorgeslagte se betrokkenheid by vals godsdienste. In die outoriteit van Yeshua bevry ek myself en elkeen in ons gesin van die Kritiese gees wat teen myself en ander spreek. Ek spreek ‘n helende wonderwerk in elkeen in ons gesin se oë – word volledig in vorm – in die Naam van Yeshua Hamaschiach! Ek spreek nou totale genesing in elkeen se oë.

Dankie, Vader, dat ons gesond kan wees deur die wonde van Yeshua Hamaschiach!

Amein